Living My Dream

Ek weet nie of julle sal kan onthou nie maar wil net vir julle laat weet dat ek en Koos nog so oneindig dankbaar is dat julle ons kon help met ons gesin.
My dogter Sandra het hierdie jaar 16 geword. Sy is “Beautiful”, oneindig spesiaal met ‘n hart van goud.  Sy is nou in Graad 10 en doen baie goed op skool.
Speel eerste span hokkie en is besig met haar Graad 8 finale jaar met Unisa Klavier.

My Seun Phillip het so pas 11 geword. Hy is ‘n “charmer” van format. Gee die beste drukkies, en laat nog toe dat sy ma hom drukkies en soene gee. Hy speel fantasties hokkie,
(is gekies vir Northern Blues oefen span). Swem span, krieket span en speel ook Klavier.  Sit ure saam met sy pa en sport kyk en bespreek. Al doen hy baie goed op skool sou hy baie eerder
Besig wees met een of ander sport. As hy gestraf word , vat ek nie sy foon weg nie, maar eerderse ek hy mag nie met ‘n bal speel nie. 
As dit nie vir julle en al die mense by Medfem was nie, sou ek nie hierdie wonderwerk van hierdie twee kon beleef het nie.  “Because of them I am living my dream”.
Ek sal hulle eendag nog bring dat hulle julle kan kom groet.

Weereens baie dankie

Sophia en Koos Retief (2015)

Spread the love