An angel in disguise!

Ons wonderwerklyfie Miné Pieterse
Gebore 2 Mei 2016
Sy is ons GROOTSTE geskenk vanaf God ons GROOTSTE droom en GROOTSTE gebed wat waar geword het. Danksy ons Almagtige God en die hele Medfem span. Ons het so lief geraak vir Dr van Schouwenberg, ons kon nie vir ‘n beter dr gevra het om hierdie pad mee te stap nie.
Die hele Medfem span is uitstekend. Corrie by ontvangs met haar oulike sêgoed en grappies, het ons altyd so ontspanne laat voel(vir al met die besoeke wat ‘n mens so bekommerd is oor die resultate)
Sr Cornie en Sr Hanlie met die mooiste harte wat soveel liefde gee met elke besoek en vir al na die seer inspuitings
En dan natuurlik Dr Schouwie; hy is ‘n ware “angel in disguise” en ek is so dankbaar vir die Here dat Hy Dr op ons pad gesit het.
Dit was nie altyd die maklikste pad nie, maar as ek dinge kan oor hê sal ek presies die selfde padjie oor en oor en oor kies.
Jammer vir al die fotos, maar ek kon net nie op net een besluit nie.
Monique Le Maitre Pieterse‎ (2016)

Spread the love